Die Vreugde van die Lente

Ek stap uit en die geur van varsgsnyde gras kielie my neusgate. Ag, heerlik! Die spreeus spring raserig rond oral waar die water loop. Elke goggatjie wat van die water probeer ontsnap word ‘n smaaklike happie vir hulle. .. Die sluise is oopgetrek vandag en Piet van Rensburg, die man wat in ons tuin werk,…

SALIG IS DIE ARMES VAN GEES

Tutti Graham tutti@wide-eyed.co.za Hulle het oom Piet van der Merwe begrawe op ‘n sonnige oggend, Woensdag 14 Oktober in die begraafplaas teen die bult in Pienaarsig. Dit was ‘n hartseer dag. By die van der Merwes se huis was daar ‘n diens met ‘n boodskap van eerwaarde Frank Kraai. Daarna sou daar ‘n diens wees…

BOETIE EN DIE BRIGADIER

Dis weer die tyd van die jaar wanneer Boetie sy knoffel-oes moet afhaal. En hierdie jaar gaan dit weer eens met ‘n hele feestelikheid gepaard, want Bethesda vier saam met Boetie sy knoffel-oes. Toe Boetie Bester en sy vrou Pikkie die dag afdraai op die pad wat na Bethesda lei, het hulle nie geweet hoe…

AUNTIE EVELYN SE SOPKOMBUIS

Ons leef in moeilike tye. Rondom ons sien ons werklose mense. Party wil sommer net nie werk nie, maar baie begeer ‘n werk, ‘n vaste inkomste wat hulle met hul eie hande verdien, ‘n eie huis, om vir hulle huismense te kan sorg en om ‘n blink toekoms te kan hê. Terwyl ons eie land…

‘n Nuwe jaar

2015 lë soos ‘n skoon bladsy voor my – onbekend, in mis gehul lë die paadjie van my lewe voor my. Ek het oud genoeg geword om te weet dat nie alles wat in hierdie jaar opgesluit lë my tot groot uitbundigheid sal stem nie. Ek het geleer dat die lewe soms rof met ‘n…

‘N PAMPOENFEES IN BETHESDA!

PUMP- PALOOZA Nieu-Bethesda Tutti Graham Hoe groot is die grootste pampoen wat jy al ooit gesien het? En hoe sexy is die sexieste pampoen wat jy al ooit raakgeloop het? Dalk is dit tyd om jou ervaringsveld ‘n bietjie uit te brei deur die groot pampoenwedstryd by te woon wat binnekort op Nieu-Bethesda plaasvind. Daar…

GHOSTS IN NIEU BETHESDA? Tutti Graham

  Mr Quinton Pedlar of Johannesburg and his two young sons were visitors to the campsite in Pienaar Street, Nieu Bethesda when they had a strange experience on Friday night the 4th of April. Whilst camping, the gentleman told his sons about the history of the village and they joked about ghosts possibly lurking in…

HUIS, PALEIS, PONDOK, VARKHOK

Originally posted on kapaaislander:
As mens Kaapstad binnery  van Somerset-Wes se kant af, met die berg voor jou, lê daar ‘n enorme plakkerskamp aan jou linkerkant – ek vermoed dit is Kayelitsha.  Die hutte staan so opmekaar dat mens dit inneem as een enorme ding.  Daar is nie ‘n manier dat jy een plakkershut van…

AFRIKA (NERS) IS PLESIERIG

Originally posted on kapaaislander:
Dit was mos nou weer lang vakansie.  Dié wat kon het opgepak en die lang pad gevat êrens heen.  Êrens waar sonskyn en spasie is, dalk langs die see, in die berge of in die Kalahari, of dalk op ‘n Karooplaas of in ‘n klein Karoodorpie soos ons s’n.  Afrikaners, Suid-Afrikaners…