Ons Honde – is hulle ons kinders, ons vriende, ons beskermers? Waar pas hulle?

093 - Copy

Ons was nog nooit sonder honde nie. Nie vir lank nie. Die laaste twee is Elsa en Tippie. So lief vir mekaar. Ons speelmaats, ons stapmaats, ons geselskap wanneer ons buite braai of in die tuin stap. Hulle het beide as huishonde begin. Dit het gou geblyk dat Elsa net te groot is vir die huis en dat sy dit in alle geval buite verkies. Sy kom nog soms by my le wanneer ek in die TV kamer sit. Tippie het van die begin af weggeloop na die ander honde toe – Elsa en Diesel. Ou Diesel was toe op sy laaste bene. 11 jaar oud. My ou teddiebeer.

Elsa is omtrent 60kg spiere. Ons kan nie met haar stap sonder ‘n leiband nie. Sy lyk te gevaarlik. En sy is ‘n bietjie onvoorspelbaar met skape in die straat en ander honde wat vir haar blaf. Vir mense is sy lief en wil net speel. Maar by die hek lyk dit soms of sy die ou aan die ander kant gaan opvreet. Gelukkig maar … die mite loop dat sy baie gevaarlik is.

En dis mos maar hoekom mens ‘n waghond aanhou? Maar kom ons wees eerlik. Hulle is soveel meer as waghonde. Hulle kompeteer nou nie juis met ons drie kinders en ses kleinkinders en twee agterkleinkinders vir ‘n plekkie as kind nie. Nee, hulle is veel eerder ons geselskap, ons metgeselle, ons dierevriende. Jy kan altyd op hulle reken om uitgelate bly te wees wanneer ons tuiskom. Hulle wil altyd met ons gesels, saam met ons in die tuin loop, hulle nat snoete teen ons druk in liefdevolle groet… By ons sit as ons op die tuinbank of by die tuintafeltjie sit. Hurk ek by ‘n bedding, kom een kyk of ek dalk hulp nodig het met die tuinmaak. En sit sommer poot by, soms.

Hoe kom ‘n mens ooit sonder jou dierevriende klaar?


Elsa het die stoel gesteel<img src="https://tuttibethesda.files.wordpress.com/2017/08/elsa-en-sossie-2011-kl.jpg&quot;

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s