‘N PAMPOENFEES IN BETHESDA!

PUMP- PALOOZA

Nieu-Bethesda Tutti Graham

Hoe groot is die grootste pampoen wat jy al ooit gesien het? En hoe sexy is die sexieste pampoen wat jy al ooit raakgeloop het? Dalk is dit tyd om jou ervaringsveld ‘n bietjie uit te brei deur die groot pampoenwedstryd by te woon wat binnekort op Nieu-Bethesda plaasvind.

Daar word heelwat besoekers verwag vir Pampoendag op 19 April, wat beloof om ‘n vrolike, loslit-ervaring te wees. Heelwat mense het reeds navrae gedoen na die Pump-crawl (‘n baie rustige, gemaklike staproete met besoeke aan winkeltjies en proe-geleentheid as doel). Die staptog begin om 11h00 voor die Pub, nie ver van die Uilhuis af nie. Vandaar word daar van winkeltjie na winkeltjie gestap en by elkeen is daar ‘n pampoengereg-bederfie om te proe terwyl mens in die winkeltjie kan rondsnuffel. Die winkeltjies wat besoek sal word het meeste prominent aandag gekry op die onlangse “Mooiloop” TV-program. Daar sal by die Karoo Kaja Shop aangegaan word, by ‘n skilder se ateljee, die “ Dust Covers” boekwinkel, natuurlik by Charmaine en Martin Haines se ateljee, by “The Cow Jumped Over The Moon” en ook by die “Blue Cupboard Honesty Shop”. Verder sal die Fosielsentrum ook besoek word asook “Grace”, ‘n winkel met pragtige ontwerpersgoed.

Intussen word daar van 10h00 tot 15h00 pampoene ingeskryf het by die Pub. So as jy dalk êrens ‘n baie groot pampoen raakloop, bring hom saam en skryf hom in! Of dalk ‘n baie sexy een.

Om 15h00 begin die ernstige deel van die Pump-Palooza naamlik die inweeg en beoordeling van pampoene. Dit sal plaasvind oorkant die Pub, agter die publieke toilette. Verskillende pryse word deur plaaslike besighede geborg. Daar is verskeie kategorieë – die grootste, kleinste, sexieste, snaaksste en die mees fossielagtige pampoen. Daar is ‘n spesiale prys vir die onder 16 kampioen. (Onder 16 kínd, pampoen!)

Vir die kunstiges is daar ‘n pampoenkerfkompetisie – Pumbotomy. Kom kyk wat jy uit ‘n pampoen kan kerf! Daar sal pampoene beskikbaar wees.

Die idee is dat dit ‘n pretdag moet wees en die enigste kategorie wat baie ernstig opgeneem word, is die GROOTSTE pampoen. Nogtans is die pryse nie te versmaai nie, bv vir die sexieste pampoen is die prys “The sexiest meal for two” by die Poskantoor. (O ja, die Poskantoor dien steeds as restaurant en daar word heerlike kos gemaak!)

Behalwe vir al die pampoengeregte wat restaurante spesiaal vir die dag by hulle gewone spyskaarte toevoeg, sal daar ook pampoenseep te koop wees. ‘n MOET probeer om die vel soepel en sag te hou.

By die Bierbrouery sal daar ook ‘n spesiaal gebroude pampoenbier te koop wees. Kom proe!
Om 16h00 begin die Palooza by die Pub. Dit gaan ‘n groot party wees met plaasmusikante wat trekklavier, kitaar en ander instrumente bespeel. Dit vind plaas voor die Pub waar die pampoene vroeër in die dag beoordeel is. Drankies sal te koop wees by die Pub. ‘n Groot kuier is weer op hande. Die wat vroeg wil gaan slaap moet maar vroegtydig pampoenpitte koop om in hulle ore te druk.
Skakel enige van die besighede op Nieu-Bethesda, of die Uilhuis vir meer inligting. Of KOM NET!
Image

Advertisements

3 thoughts on “‘N PAMPOENFEES IN BETHESDA!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s