‘n Vuurtjie in die stofie en ‘n Janfrederik.

Log fire picture 2

Die kleur in ons lewe vandag – oranje. Net die regte kleur vir ‘n vaal wintersdag in die Karoo. Ons het ‘n lekker vuurtjie aangepak en ons warm hoendersop en rogbrood sommer op skinkborde op ons skote gesit en eet hier in die familiekamer. Twaalfuur al het ons ons hier kom verskuil want die wintersonnetjie wou ons maar net nie vandag warm bak nie en ons ou beendere was te lui en te moeg vir ‘n groot gewerskaf na gister se lang rit terug van die Goudstad en die Jakarandastad. (9 ure!)

Vandag is ‘n internetdag. Ons het ons rustig neergeplak en ons doen ons ding op die net. Maar ons het ‘n klein besoeker wat ons skynbaar erg gemis het terwyl ons by die kinders gekuier het. Hy is ‘n klein parmant en kom nogal so twee, drie keer per week in die huis in sommer net om te wys hy kan. Hy ken sy pad uit en het gewoonlik nie hulp nodig om ‘n venster te kry om uit te glip nie. Gewoonlik kom hy in wanneer die voordeur oopstaan, maar vandag het hy al vyf keer kom kuier, en elke keer was dit deur ‘n venster wat nie baie wyd oopgestaan het nie. En boonop elke keer ‘n ander venster. Die astrante klein Janfrederik is lankal nie meer bang vir ons nie, want ons jaag hom saggies en vriendelik uit, so al geselsend terwyl ons vir hom ‘n venster hier oopmaak en ‘n deur daar.

As ek nie van beter geweet het nie, sou ek gedink het hy wil vir ons iets vertel! Of dalk moet ek ‘n tweede keer die saak bedink en begin wonder of hy nie dalk regtig iets het wat hy met ons wil deel nie.  Met die vlamme wat oranje brand in die stofie, en die klein parmant wat met sy grys lyfie en sy oranje borsie kort-kort hier inflits, is ons grys dag sommer vol kleur.

Advertisements

One thought on “‘n Vuurtjie in die stofie en ‘n Janfrederik.

  1. Dis nou so pragtig! Ons het ook ‘n Janfrederikpaartjie wat gereeld in die kombuis inkom.Ongelukkig het een hom/haarself doodgevlieg teen die venster en die ander enetjie het ook al teen die venster vasgevlieg as ons te skielik inkom.My hart was so seer,maar laat dit nou nie die warmte en kleur van hierdie inskrywing bederf nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s