Die Vreugde van die Lente

Ek stap uit en die geur van varsgsnyde gras kielie my neusgate. Ag, heerlik! Die spreeus spring raserig rond oral waar die water loop. Elke goggatjie wat van die water probeer ontsnap word ‘n smaaklike happie vir hulle. ..

Die sluise is oopgetrek vandag en Piet van Rensburg, die man wat in ons tuin werk, moet bontspring om die water na al die hoekies van die tuin te lei. Voorheen het my ou maat dit op Sondagoggende gedoen, maar sy lyf wil nie meer byhou by die uitputtende werk nie.  Van die plaasboere wat die afloopwater kry, het genadiglik toegestem dat ons in hulle leibeurte in die week lei, as ons net betyds vir hulle in kennis stel.

Dis ‘n oordadige rykdom om soveel water oor jou tuin te kan loslaat. Die rose word diep nat, die gras, die grond romdom die bome, en die struike bly byna ‘n hele week klam en die plante floreer soos in die paradys. Ons tuin is ‘n lushof noudat die somer hier is. Die eerste rose begin hulle blomkoppe skaam oopvou en die geur van roosmaryn en tiemie hang in die lug.

Hierdie tyd van die jaar, veral, weet ek waarom ons hier woon!

 

Advertisements

5 thoughts on “Die Vreugde van die Lente

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s