Wat beteken jou hond vir jou?

Mens kry mos mense wat so ‘n klein troetelhondjie oral met hulle saamdra. Dis amper soos ‘n bykomstigheid. (En dalk is dit ten dele wat die hondjie vir hulle beteken.) Daar vorm natuurlik ‘n baie sterk band tussend mens en hond as hulle heeldag in mekaar se geselskap is. Is jy een van daardie mense…

Dit sneeu! Dit sneeu!

Ek lig my traag uit die bed  toe die wekker lui. Dis koud. My kop is effens seer en ek snuif. Verkoue aan die kom. Nee…verkoue het klaar geland. Ek snuit my neus, en strompel by die klein venstertjie verby op pad om koffie te maak.  Dis toe dat my oog die wit vang. Die…

ORGANISE

Organise, she says. Organise. How do I do that when from age 16 I said: “Chaos is my mother!” Organise.- I want to organise! It took me an hour to find my laptop this morning. It was not a pretty sight. Oh how I want to be organised. I want to have breakfast ready at…

Die Vreugde van die Lente

Ek stap uit en die geur van varsgsnyde gras kielie my neusgate. Ag, heerlik! Die spreeus spring raserig rond oral waar die water loop. Elke goggatjie wat van die water probeer ontsnap word ‘n smaaklike happie vir hulle. .. Die sluise is oopgetrek vandag en Piet van Rensburg, die man wat in ons tuin werk,…

SALIG IS DIE ARMES VAN GEES

Tutti Graham tutti@wide-eyed.co.za Hulle het oom Piet van der Merwe begrawe op ‘n sonnige oggend, Woensdag 14 Oktober in die begraafplaas teen die bult in Pienaarsig. Dit was ‘n hartseer dag. By die van der Merwes se huis was daar ‘n diens met ‘n boodskap van eerwaarde Frank Kraai. Daarna sou daar ‘n diens wees…

BOETIE EN DIE BRIGADIER

Dis weer die tyd van die jaar wanneer Boetie sy knoffel-oes moet afhaal. En hierdie jaar gaan dit weer eens met ‘n hele feestelikheid gepaard, want Bethesda vier saam met Boetie sy knoffel-oes. Toe Boetie Bester en sy vrou Pikkie die dag afdraai op die pad wat na Bethesda lei, het hulle nie geweet hoe…

AUNTIE EVELYN SE SOPKOMBUIS

Ons leef in moeilike tye. Rondom ons sien ons werklose mense. Party wil sommer net nie werk nie, maar baie begeer ‘n werk, ‘n vaste inkomste wat hulle met hul eie hande verdien, ‘n eie huis, om vir hulle huismense te kan sorg en om ‘n blink toekoms te kan hê. Terwyl ons eie land…

‘n Nuwe jaar

2015 lë soos ‘n skoon bladsy voor my – onbekend, in mis gehul lë die paadjie van my lewe voor my. Ek het oud genoeg geword om te weet dat nie alles wat in hierdie jaar opgesluit lë my tot groot uitbundigheid sal stem nie. Ek het geleer dat die lewe soms rof met ‘n…