Wat beteken jou hond vir jou?

Mens kry mos mense wat so ‘n klein troetelhondjie oral met hulle saamdra. Dis amper soos ‘n bykomstigheid. (En dalk is dit ten dele wat die hondjie vir hulle beteken.) Daar vorm natuurlik ‘n baie sterk band tussend mens en hond as hulle heeldag in mekaar se geselskap is. Is jy een van daardie mense wat ‘n troetelhondjie aanhou? Vertel!

Dan is daar mense wat ‘n speelmaat soek. Aktiewe mans en vrouens en kinders wat wil hardloop en bal speel en ver gaan stap met hulle hond. Sekere rasse is perfek geteel hiervoor.

Ouer mense en mense met klein erwe verkies honde wat nie baie spasie vra nie. Ons boerboel, Elsa, is heel tevrede op die erf wat ons het, en ek kan sien sy sal op ‘n kleiner erf ook kan aard mits daar genoeg stimulasie is. Die straat wat verby die huis loop is ‘n bron van groot vermaak vir ons honde. Daar knor hulle vir die honde wat verbygaan, blaf vir mense wat hulle al voorheen geterg het en waai stert vir ander. En solank hulle net saans stil is, is ons en ons bure tevrede daarmee.

Watter tipe hond het jy, of verkies jy? Waarom?

f8e3f3dcfd066e9044001199c488404b--english-shepherd-shepherd-dogs<img src="https://tuttibethesda.files.wordpress.com/2017/08

3 thoughts on “Wat beteken jou hond vir jou?

Lewer kommentaar op tuttibethesda Kanselleer antwoord